spies

Lees die storie by:http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2053968,00.htmlChris Harmse, Suid-Afrika se voorste mans-hamergooier, is gistermiddag op die nasionale oefenkamp in Pretoria in ’n fratsongeluk met ’n spies raakgegooi.Cobus ClaassenChris Harmse, Suid-Afrika se voorste mans-hamergooier, is gistermiddag op die nasionale oefenkamp in Pretoria in ’n fratsongeluk met ’n spies raakgegooi.Harmse is in die linkerskouer getref deur ’n spies wat vermoedelik deur ’n skoolatleet in die LC de Villiers-stadion van die Universiteit van Pretoria gegooi is.Die ongeluk het net ná 17:00 gebeur en Harmse is inderhaas na ’n hospitaal geneem om vas te stel hoe ernstig die skouer beseer is.Volgens Janus Robberts, een van Suid-Afrika se voorste veldatlete en spanmaat van Harmse, het die ongeluk gebeur terwyl Harmse, die Afrika-kampioen, besig was om afmetings te neem van ander atlete, wat tydens die oefenkamp spiesgegooi het.Mnr. Wilfred Daniels, die nasionale spanbestuurder, het gesê Harmse is op die baan deur dr. Philda de Jager, ’n spandokter, ondersoek.Volgens De Jager het die spies nie ’n spier getref nie, het Daniels gesê.“Chris is dadelik na die hospitaal geneem waar die wond skoongemaak is om die skade te bepaal.”Daniels het aan Beeld gesê hy het die ander groep spiesgooiers, wat vermoedelik skoolkinders was, se afrigter gevra om nie van die ander kant van die baan spies te gooi nie.“Sommige mense is egter hardkoppig.”Volgens Daniels sal hy eers vandag weet hoe lank Harmse buite aksie sal wees.“Chris het in elk geval beplan om eers later die seisoen ernstig te begin deelneem. Hy is gelukkig goed op dreef, so die besering behoort nie ’n te groot terugslag te wees nie.’n Ooggetuie, wat nie sy naam wou noem nie, het gesê die seun wat die spies glo gegooi het, was erg getraumatiseerd ná die ongeluk.“Harmse het dadelik afgesak en om hulp geroep. Dit was ’n skokkende toneel en dit kon so maklik veel ernstiger gewees het.”Die nasionale oefengroep ondergaan tans ’n verskeidenheid van toetse by die High Performance Centre met die oog op die Wêreldbyeenkoms later vanjaar in Japan.Zie de afloop op:

Comments

Popular Posts