paasgroet via caledon villa

Graag deel ik met jullie de Paas groet van Caledon Villa (en ook het mooie plaatje gemaakt door Ode). http://www.caledonvilla.co.za/ Half onmoontlik om te glo – maar ons trek al by April! Skielik word die dae korter. Daar is ‘n geniepsige knyp in die lug wat nie vroeër daar was nie en dis net die dapperstes wat dit nog in die swembad waag. Dit beteken ook dat Paasfees om die draai is. Al staan hierdie spesiale tyd op die Christelike kalender in die teken van nuwe lewe, is dit nie aan seisoene gebonde nie, en kan ons Pase nog steeds met dankbaarheid selfs in die naderende winter vier – elkeen op die manier waaraan hy gewoond is. Ons sal steeds blink eiers vir die kinders wegsteek, maar hulle ook die dieper betekenis van Paasfees bybring. Mag dit vir elkeen van ons ‘n spesiale fees wees!
Ode: "In my grafiese paasgroet aan julle is die eier, nuwe lewe en die kruis dan ook saam verbind".

Comments

Popular Posts